jump to navigation

Verhale van die Kotskoets 3: Nagte op die berg Mei 21, 2009

Posted by oomherman in Done deals.
trackback

Daar is ‘n klomp goed wat ek jou van die Kotskoets kan vertel – hoe hy geen heater of selfs ‘n waaier ingehad het nie en hoe ek paar keer amper gevries het in die laat nagte op pad terug van klas af in Potch tot by die huis in Klerksdorp in die winter.

In alle geval, die Kotskoets het ook sy redeaming qualities gehad. Die ding was só klein en lig dat hy maklik op plekke gegaan het waar ander karre nie kon nie. Omdat hy smal was, het hy op nou plekkies ingekom. Verder het hy ook baie ruimte gehad en die cargo-mat wat agter in was, het baie punch gevat. Daar was wegsteekplek vir bottels en goed waar die agterseats sou wees, so daar was omtrent altyd iets snaaks onder die flap te kry….

Anyway – waarvoor die Kotskoets half beroemd geraak het, was om ander mense, hoofsaaklik inskiklike dames, tot op ‘n koppie naby ons losieshuis te vat sonder sukkel. Daar het mens nou diep dinge gesels en wyn gedrink en die liggies en soms die sterre ook gekyk tot laat die nag. Soms het dit baie lekker geraak. Die Kotskoets het só deel van ‘n hele paar avonture geword.

Die aand toe ek en Andy die pad huis toe twee keer moes loop en teen die koppie terug.

Een ander aand het ek met die ding in ‘n gat geval en die twee girls by my moes hom help uitlig terwyl ek die bestuurwerk doen. Dit het glad nie gehelp dat ons al drie op daardie stadium hele paar bottels wyn in had nie.

Een keer het ek en een ander girl só vasgeval met die kotskoets dat hy later tot teen sy kant in ‘n diep sloot was, en ons moes gaan hulp soek het om weer die kar los te kry – baie embarrassing. Die hulp kom toe van ouens wat ons by ‘n kroeg ontmoet. Ek los die girl by die bar en ek en die ou gaan haal die kar uit die sloot. Teen die tyd dat ek terugkom, lag al die dronk mense vir my en ek is ‘n legend oor my planne met die girl op die berg.

Dis egter vir sulke aande waarvoor die Kotskoets die beste kar ooit was. Hy het nie krag gehad nie, hy het nie styl gehad nie, hy het nie eers ordentlik werkende vensters of selfs ‘n fan gehad nie, maar ek het van die beste tye in my lewe in die Kotskoets gehad.

Comments»

No comments yet — be the first.