jump to navigation

Verhale van die Kotskoets 1: Koop Mei 21, 2009

Posted by oomherman in Done deals.
trackback

Die ding met die trek uit Kimberley na Klerksdorp het half vereis dat ek ‘n kar moes hê. Tot op daardie stadium in my lewe het ek myself oortuig ek kan eenvoudig nie ‘n kar bekostig nie. Ma se kar ry nog lekker, dankie. Met dié dat ek toe nou wil trek en gaan swot en goed, was daar egter nie ander uitweg nie. Nou is die kar ‘n bekommernis, want my kantoor in die nuwe dorp en my blyplek is etlike kilometers uitmekaar. In alle geval, ma kom tot die redding. Sy kom eendag tuis en sê daar is ‘n ou by die werk wat ‘n ou karretjie van sy ma het wat hy wil verkoop.
Watse kar?’

‘‘n Toyota.’

‘Watse Toyota?’

‘Ek weet nie’

‘Hoeveel soek hy?’
‘R 3,500.’
Wat ek waar moet kry?’
‘Maak ‘n plan.’

Sy was natuurlik reg. Ek sou nie hierdie keer wegkom van kar koop nie. Ek gaan leen geldjie by die bank. Persoonlike lening vir R 5000.00. Daarmee kan ek die kar koop, nuwe bande opsit en dalk ander los goed doen wat nodig is.
Ek gaan sien die ou by sy huis. Hy wil nie graag byt aan die deal nie – hy is maar erg oor die karretjie, maar ons ruil geld vir kar en dáár gaat ek. Die ding het ‘n eclectic mix van bande op en ry nêrens met twee wiele in dieselfde rigting nie. Daar is nie handvatsels vir die deure nie – ek het hulle gefabriseer uit stukke flatbar en swart geverf. Daar is nie ‘n waaier of heater nie. Daar is net twee airvents – een aan elke kant, met twee settings – oop of groot oop. Geen agterseat, ens, ens ens.  Vier versoolde bande van Dion’s sien toe na die ry – min of meer. Jy hou altyd sommer so 4 of 5 petrolfilters aan – ek het gereeld met verstopte filters gaan staan. Maksimum spoed (aangedui) ooit bereik was amper 120 – teen die bult af by Stilfontein. Ek kan lank praat om uit te gesels oor die kar, oor alles wat poef was en alles wat my jammer maak dat ek hom ooit verkoop het, maar dis was my eerste kar. Ek dink dit het my vriende die somtotaal van 4 minute gevat om die ding ‘die Kotskoets’ te doop. So, for better or for worse, ek het die Kotskoets.

Die Kotskoets. 'n 1976 Toyota 1200cc Panelvan. Geen agterseats, geen niks.

Die Kotskoets. 'n 1976 Toyota 1200cc Panelvan. Geen agterseats, geen niks.

Comments»

No comments yet — be the first.