jump to navigation

Armystories 5: Van Robocop, woer-woere en jou ratpack Mei 20, 2009

Posted by oomherman in Done deals.
trackback

Ons het ‘n bevelvoerder in ons groep gehad wat die hele army-ding baie ernstig opgeneem het. Hy het altyd so hiper-paraat en kiertsregop geloop – só regop dat ons hom ‘Robocop’ gedoop het. Hy het net soos Robocop nie sy arms en bene beweeg soos ‘n normale persoon nie – hy het baie snaaks geloop. Anyway – Robocop het homself nie te veel met die troepe se daaglikse doen en late ingemeng nie, maar as hy het, het ons gebars. Hy was nou nie die top tipe people person nie.

Die eenkeer in die Bloubos, is ons alweer besig om te leer oorlog maak. Kleinkaliberwapens hierdie keer. KKW vir kort en verskoning om op jou moer te kry vir lank. Anyway – ek is die trotse tydelike ‘pa’ vir ‘n 60 mm patrollie-mortier. Dis lekkerder as die LMG, dink ek, want hy maak BAIE makliker skoon. So, ons is in die bos en ons leer mortiere skiet. Dis mos maklik. Jou nommer 2 – die ou wat die mortiere aangee, draai die fuse so fire-safe-fire en dan praat julle spesiale sinne met mekaar. Deur dit alles het jy nou klaar die mortier se voetstuk mooi vasgetrap, die afstand geskat en gemik. Hy gooi die mortier in, jy buk mooi agter die ding en dan trééék die mortier so sierlik deur die lug en ontplof tipies met groot geweld en baie stof en klippe iewers daar voor. Lekker. Dis iewers deur hierdie oefening waar Kaptein Robocop my gewaar waar ek ietwat te naby na sy sin oor die mortierbuis buk met die skoot. Hy storm nader en klap my teen die helmet en  los agter die mortier weg.
‘Troep!’
‘Ja, Kaptein!’
‘Wat maak jy?’
‘Ek weet nie, Kaptein’ (sien ‘standaard army antwoord’ elders)
‘Ek kan dit sien, ja! Jy buk te laag oor daai mortier!’
‘Ja, Kaptein’
‘Weet jy wat gaan met jou gebeur?’
‘Nee, Kaptein’
‘Jy gaan nog so dink jy skiet, dan haak daai mortier aan jou staaldak vas en dan trek jy soos ‘n f$%^en woer-woer hier agter die mortier aan!’

‘Ja, Kaptein’  (‘n klein proes-laggie glip op die stadium onwillekeurig uit my mond terwyl my linker breinlob die image baie grafies vir my skilder en die ander breinlob bitter hard vir hom probeer verduidelik dat nóu nie die regte tyd is nie.)
‘n Kort woordewisseling volg en Herman is op ‘n impromptu program wat ek dink hulle noem ‘rapid pedestrian deployment’ om die hele Bloubos te voet te verken dieselfde middag nog.

Tydelike kamp in die bos met Ratels en die bloekoms

Tydelike kamp in die bos met Ratels en die bloekoms

‘n Ander dag is ons weer in die Bloubos – besig om te leer têrries skiet. Dit gaan lekker. Ons leer van Rondom-Verdediging. Dis nou so dat, as die Samil of Ratel of wat ookal stop, dan gooi jy jou knibbel–ietsie eenkant, vlie hier uit met jou gun en goet, breek een helfte van jou ledemate halfpad af op pad uit, slaan die grond laat jou ribbes kraak  en, iewers deur hierdie harwar, worry jy oor ouens wat die Samil gaan skiet. Wat de hel? Die ding is dan supposedly bullet–proof? Hoekom kan ek nie net binne sit en my rum & raisin energy bar klaar eet nie? No worries – ons leer van rondom-verdedig. Nou jaag ons deur die bosse, die karre stop en dan vlie ons telkens hier uit met die groans en krake wat maar kom, gewere wat per ongeluk soos tentpenne in die grond geplant raak, en ander komiese interludes tot die hoof ernstige saak van oorlog maak.

Robocop het hierdie storie so gestaan en gadeslaan en toe besluit dat ons só poef lyk dat hy persoonlik sal moet ingryp. Toe ons weer land en eers al ons belongings bymekaar staan en maak voor ons begin worry oor têrries, toe roep hy ons nader.
‘Troepe! – kom hierso!’
Ja, Kaptein!’
(troepe tree aan)
‘Val uit en kom kyk hier!’
‘Ja, Kaptein!’
(Troepe drom om Kaptein saam. Kaptein sak tot op sy een knie in ‘n rare vertoning van gewrigsfunksie)
‘Hoekom doen ons rondom-verdeging, troepies?’
‘Ons weet nie, Kaptein!’ (standaard army antwoord – help nie om slim te probeer nie – hy gaan jou anyway nou vertel)
‘Want hier, agter die bosse (teken met ‘n stok in die grond) is ‘n klomp rowers wat jou wil skiet! Hoekom wil hulle jou skiet?’
‘Ons weet nie, Kaptein!’
‘Want hulle wil jou ratpack eet…’
Almal doodstil. Herman giggel onbeheerbaar want alweer is sy linker breinlob besig om vol Technicolor prente te teken van die têrrie wat op my koue lyf sit en deur my ratpack pick, net om te ontdek ek het klaar die energy bar geëet. Lekker stupid voel hy nou.
Kort woordewisseling. Herman is alweer op die ‘rapid pedestrian deployment’ om poste haste die Bloubos uit ‘n heel ander hoek te verken. Ek was nooit in my lewe voor of na die army so fiks soos in hierdie tyd nie.

Comments»

1. Monch - Junie 22, 2009

hahahahahahahahahah, imagine hoe anders sou dinge gewees het as die terries tevrede sou wees met Ratpacks


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.