Hemmingway se Ducati en avokado vir brêkvis Oktober 24, 2008
Posted by oomherman in Hoort nie in ander kategorie nie.Tags: Afrikaans
trackback
My vrou het met die ding begin toe ek Sondag lus kry vir avokado. Ek is nooit lus vir avo nie – ek hou nie van avo nie – nooit nie. Toe ek nou Sondag wakker word met ‘n lus vir avo en vir haar beskryf hoe ek my oggend sien ontvou: .. so met brekvis van bacon en avo op open toasted ciabatta en baie koffie op ‘n stoep iewers waar mense verbyloop en ek die stad kan sien wakker word…. Toe sê sy: “Ja, Hemmingway…”
So, dit het my laat dink aan die een Ernest Hemmingway storie wat ek wel ken. Die storie gaan min of meer oor hierdie ryk vrou en haar man wat kom jag in Afrika (ek dink net ‘n paar van Hemmingway se stories begin so – sekerlik nie meer as 98% nie) Die vrou raak heel gek oor die jagter wat hulle die bos invat nadat hy ‘n leeu skiet wat op haar man afstorm of so iets. In alle geval, sy ‘vat’ toe die nag die jag-oom soos in die voorjare en haar man is baie kwaad. Die volgende dag gebeur iets soortgelyk, maar haar man staan sy, wel, man en hy skiet die buffel wat hom storm. (Hy voel toe nou natuurlik naby selfmoord want sy vrou is so los soos ‘n tuinhekkie en, en, en…) Later die dag sien sy toe nou die veranderign in haar man. Hy het self geen meer vrees gehad nie, want die ’near-death experience’ het hom losgemaak van sy vrese. Toe sy besef dat sy geen meer houvas op hom sal hê nie, toe skiet sy hom dood terwyl hy nie kyk nie.
Dit alles is ‘n lang manier om by die storie uit te kom. Vir my is die kruks van die saak oor die vrees oorkom en ook, meer belangrik, dat ons baiekeer bang is vir goed wat eintlik glad nie so erg is nie. Of mens later net gewoond raak aan die vrees en dit maar ignoreer en of jy dit werklik oorkom en vrede maak daarmee, is ‘n ope vraag.
Ek wonder net soms as ek so op my motorfietsie werk toe ry of Hemmingway dieselfde storie sou kon skryf oor ‘n bang ou wat al paar keer deur karre en trokke in die verkeer getref is, maar aanhou motorfiets ry…..van vrese oorkom en dinge.
Comments»
No comments yet — be the first.