Zibi dra vellies Julie 1, 2008
Posted by oomherman in People / Mense.Tags: Afrikaans
trackback
Sommige van julle sal onthou dat daar jaaaaaaaare terug ‘n volstruis was wat ge-adverteer het dat mens asseblief nie moet mors nie. Sy naam was Zibi en sy slogan was “Zirts hom in die Zibi blik…” of “Zap it in a Zibi Can”, op die rooitaal.
Om die baie lang storie kort te knip, my se Pa is op ‘n langnaweek weg na ‘n visvang kompetisie by ‘n groot dam iewers. Dit gaan blykbaar lekker, maar hy neem om een of ander rede nie deel aan die kompetisie vir die hele naweek nie. Iets soos die uitdunne nie gemaak nie of so iets. In alle geval, hy kyk toe nou maar dat sy spanlede wat wel nog in die kompetisie is, se eet- en drinkgoed vol bly en doen ander takies rondom die kamp.
Dit is toe Pa een uur so op sy eie sit en dink oor goete dat een van die Zibi-span se mense hierdie vriendelike oom alleen by die kamp sien en kom vra of die oom hulle nie dalk wil help vir die dag nie? Hoe help? vra Pa. Man, ons soek ‘n Zibi vir die dag, sê-vra die Zibi rep vir Pa. OK, sê Pa. Nie te lank daarna nie, het hulle vir Pa in die Zibi costume. Hy verduidelik die vere-gedoente is baie warm in die son, en die kop-gedeelte is van veselgas gemaak en nogal swaar – mens is mos nie gewoond so klomp nek hier bo-op jou kop nie. Verder het hulle nie vir hom skoene wat soos volstruis-voete lyk nie. Hy sal sommer so met sy vellies loop.
Alles was klaar, en Pa – skuus, Zibi – loop oor na daar waar die tannies en kinners kuier op die grasperk by die swembad of iets. Net so naby gekom, toe storm daar ‘n klein laaitie van seker so 4 en sy sussie van so 6 op Zibi af “Zibi, Zibi, Zibi, Zibi!!!!!!!!!. Dis toe Pa half instinktief afbuk na die laaitie toe, dat Zibi se kop half swaar raak, en daar pik Zibi die outjie ‘n helse harde hou reg op die kop. WWWWHHHHAAAAAA!!! begin die outjie skree en hy hol weg van die wrede Zibi af.
Pa weet nie regtig wat om te doen nie, want hy voel half sleg. Dis nie net dat jy ‘n kind per ongeluk seergemaak het nie, jy is persoonlik verantwoordelik vir die krenk van ‘n nasionale simbool… Hy staan nog so in die warm kostuum en tob oor die volgende plan, toe die dogtertjie tot sy redding kom.
Die kleinding het haar boetie gaan haal waar hy ookal weggekruip het, en sleep hom nou aan die arm en teen sy wil nader aan Zibi terwyl sy hom probeer oortuig: “Is man, kyk, dis nie Zibi nie. Hy het vellies aan…..” Toe lag Zibi anyway so dat daar niks verder aan die illusie te redde was nie.
Ou Zibi, jou geheim is veilig by ons….
H
hahahahaahahah – rol op die vloer en lag my gat af. Ek en Jaans en Lucky was nog lede van die Zibi club – ‘n hele R2 ‘n maand
ZIBI! Ek het ‘n Zibi “hand puppet” gehad, en het op amal se spiere gewerk.. LOL My enigste iemand wat ek gesien het, was ZET, by een van Pa se SASOL funksies…