Windgat ‘Jamie Oliver’ broodjies Junie 23, 2008
Posted by oomherman in Favourite recipes.Tags: Afrikaans
trackback
Hier is my resep, ‘stolen from the best with pride‘ vir broodjies amper soos wat Jamie dit maak. Dis erg lekker so vir sommer.
Kry eers vir jou spul deeg. Maak jou eie (Ma Rita se resep later) of koop sakkie-deeg by Spar. Werk lekker.
Nou het jy nodig: vars koljander, songedroogte tamaties (Loggie se resep elders), ‘mors-erella’ kaas en olywe sonner pitte.
Dis maklik. Chop alles behalwe die deeg op. (As jy nog alleenloper is en jy het toevallig gaste van die teenoorgestelde geslag, gebruik ‘n baie groter mes as wat nodig is en chop bietjie woester. Dis baie indrukwekkend as jy soos die ouens op BBC food kan chop, so oefen dit. Hou pleisters naby – ek het altyd ‘n ’spare’ onder die chopping board vas ge-cellotape) Maak die deeg sulke mooi handgrootte vorms plat. Meng nou die gechopte olywe, tamaties en kaas en bietjie van die koljander en stop die deeg vormpies vol met die mengsel. Vou mooi toe en maak seker dat jy die naat van die gevulde ‘buns’ seël – anders gaan jy skoonmaak tot die broodjies al koud is..
Bak in ‘n warm oond (180 C) vir lank genoeg – so 30 - 40 minute. Die broodjies sal lekker bruin word en soms sal die kaas uitsmelt – dis te warm.
Lekerrrrrr….Geniet
H
Hmm, jong jou idee is baie lekker.. MAAR ek dink ek sal die een verby hou…. Koljander – jig, en olywe groter JIG…
MAAR klink lekker……